Van Tonder Transport
Van Tonder Office Banner
Van Tonder Truck Closeup
Van Tonder Trucks in Yard
Van Tonder Trucks in Yard
Van Tonder Trucks in Single file
Van Tonder Trucks in Yard
Van Tonder Trucks in Single file
Van Tonder MAN Trucks in Yard
Van Tonder MAN Truck

Oor Ons

Van Tonder Transport is die grootste gespesialiseerde graan vervoerder in die land met 'n vloot van 50 graan trokke. Al ons trokke is MAN voorhakers met Trailord grain-links met 'n kapasiteit van +/- 37ton per trok wat ons in staat stel om omtrent 44000 ton per maand te vervoer oor lang afstande , sou dit egter oor kort afstande wees waar ons twee tot drie vragte per dag doen vervoer ons omtrent 100 000 ton per maand.

Ons het 'n goedgekeurde MAN werkswinkel met goed opgeleide werktuigkundiges wat gereeld kursusse by MAN bywoon om op hoogte te bly van die nuutste tegnologie in MAN. Ons onderhoud op ons tokke is uitstekend, want ons glo daaraan om trokke op die pad te hou en nie in die werkswinkel nie om sodoende vir ons kliënte 'n uitstaande diens te lewer. Verder gebruik ons net Michelin Bande en gebruik ons geen versolings nie, maar slegs nuwe bande waarvan ons al ons vellings aan Bandag verkoop. Ons spog met die beste sent/km op ons bande in die mark en verder het ons geen staantyd vir bande wat hulle loop verloor of a.g.v bande wat bars nie. Al ons voertuie word 24 - uur per dag per sateliet gemonitor om te verseker dat hulle optimaal gebruik word en om kliënte persies op hoogte te hou van waar hulle vragte is en in te lig oor spesifieke aflaai tye. Ons spog met die beste aflaai tye van onder 5 minute per trok wat ons in die posisie stel om by vinnige laai en aflaai plekke groot hoeveelhede te skuif oor 'n baie kort tydperk. In ag genome al die voorafgelope feite en dat ons oudste trok 'n 2002 model met laë km's is verseker ons die publiek hulle veilig naby ons trokke.

Ons het in 1989 begin met een trok en het die besigheid geleidelik gegroei deur harde werk, deursettings vermoë genade van Bo en pesoonlike aandag in alle fasette van die besigheid. Hierdie is 'n famile besigheid waarvan ons naam ons trots is. Ons het op Kuruman begin en is nou in Pretoria gestasioneer in die hart van die mielie driehoek. Ons was drie broers Nelius, Flippie en Danie met ons ouers steeds op Kuruman, maar het ongelukkig vir Nelius in 1991 in 'n ongeluk verloor.